1 Jul
Befonk word afgesluit met 'n terugblik op die program se beste oomblikke.
30 Jun
Tenita Kidelo gesels met Idean Ellick, 'n B.Com-student, oor die belangrikheid van begrotings. Idean het 'n paar wenke wat die opstel van 'n begroting sal vergemaklik.
29 Jun
Graig-Lee Smith gesels met Isabe Botes van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, oor loopbaangeleenthede by die SA Polisiediens. En twee jong entrepreneurs praat oor Jeugmaand en geneemskapsprojekte vir hoërskoolleerders.
28 Jun
Arehan Brand doen hersiening by die Zandvliet Sekondêre Skool in Macassar saam met Trevor Forbes en drie van sy Besigheidstudies-leerders. Hulle fokus Etiek, Professionalisme en Kreatiewe Denke.
24 Jun
Kailin Daniels vind uit hoe tieners stylvol kan lyk en terselfdertyd geld kan bespaar.
23 Jun
Tenita Kidelo kyk na die hantering van verlies; kuier by die jongmense van die MOT-sentrum om uit te vind wat hulle elke dag die moed gee om voort te gaan; en daar is 'n nuwe dramareeks oor die plaaslike verkiesings.
22 Jun
Graig-Lee Smith gesels met Tanya Yohan van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding oor die rol van SETA's, vakleerlingskappe en internskappe.
21 Jun
Arehan Brand gesels met Trevor Forbes en drie van sy leerders by die Zandvliet Sekondêre Skool in Macassar oor sake-omgewings in die vak Besigheidstudies. Hulle fokus spesifiek op die impak van onlangse wetgewing op sake-ondernemings, en gee wenke oor wat jy van die wette moet memoriseer.
17 Jun
Schoonspruit Hoër se dramaklas gesels oor hul skoolaktiwiteite. Die winterseisoen se haarstyle is in die kollig met verskeie tieners wat tong losmaak oor hul gunsteling haarstyle. Kailin het 'n draai gaan maak by Dante wat 'n passie het vir teater.
16 Jun
Tenita Kidelo gesels met Elroy van die nie winsgewende organisasie- MOT en vind uit watter einskappe hulle jong mense leer, wat handig te pas kan kom in die toekoms. Sy klop ook weer by die Verkiesingskommissie aan om uit te vind hoekom dit so belangrik is vir jong mense om te stem. Dan gaan maak s…