Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.
729 clip(s)
Loading playlist
Die son is tans taamlik aktief. Dr. Stefan Lotz van SANSA vertel wat alles daar gebeur. Studies met die wêreld se grootste sonteleskoop het pas ’n dekadesoue vraag opgelos oor hoekom die son se atmosfeer tot miljoene grade Celcius verwarm, terwyl sy oppervlak skaars 6000° C is. Prof. Matie Hoffman verduidelik die verskil tussen die twee teorieë van lig, naamlik die golfteorie en die deeltjieteorie n.a.v. ’n luisteraarsvraag oor hoe Einstein se verwringing van ruimtetyd lig kan laat buig.