Ons praat met iemand wat vir 45 jaar ’n teleskoopoperateur was. Wat dit merkwaardig maak, is die verskeidenheid van teleskope, wat strek van ’n halfmeter tot 11 meter in spieëldeursnee. Fred Marang vertel van die beginjare van die Sutherland Sterrewag, hoe mense poetse op mekaar gebak het, en hoe sterrekundige ontdekkings gemaak word.