Dit is SALT se 20ste verjaarsdag. Sterre en Planete het by die destydse projekbestuurder, Kobus Meiring, gaan kuier, om meer van hierdie reuse ingenieursprestasie te gaan uitvind. Ons hoor hoe die ingenieurspan gekies is, hoe hulle die ontwerp aangepas het vir Suid-Afrikaanse omstandighede om binne die begroting te bly, en hoe ons die Amerikaners kon leer van gemak! Hoekom is SALT se koepel ’n halfrond, teenoor sy Amerikaanse tweeling met sy vyf-agste-vorm?