Skrywers en BoekeSkrywers en Boeke

Skrywers en boeke 18 September 2024

View descriptionShare
Die digter, skrywer, dramaturg en skilder, Breyten Breytenbach, het op 16 September sy 85e verjaarsdag gevier. Ons vier dit deur te luister na die eerste deel van Johan Rademan se bekroonde dokumentêre program ‘N ANDER SKAKERING. (Dit is ter viering van Breyten se 80e verjaarsdag saamgestel.)  Prof. Willie Burger gesels met ons oor lesersindrukke en literêre kritiek en die waarde daarvan. Johan Myburg het nuus oor die wenners van die Britse Wainright-prys, die Kanadese Gillerprys en James Matthews, die Suid-Afrikaanse digter, skrywer en joernalis wat verlede week in die ouderdom van 95 jaar oorlede is. BONUSINHOUD VIR POTGOOI: Luister na die tweede gedeelte van ‘N ANDER SKAKERING, asook ‘n 1995 onderhoud met James Matthews, wat onlangs oorlede is. (Dié onderhoud was die enigste een met hom in die SABC-argiewe. Let wel, dis in Engels en is destyds op SAFM uitgesaai.)
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Skrywers en Boeke

    636 clip(s)

Skrywers en Boeke

n Program oor skrywers en digters en die boeke wat hulle skryf.
Social links
Recent clips
Browse 636 clip(s)