Skrumtyd op RSGSkrumtyd op RSG

Skrumtyd op RSG 23 September 2019

View descriptionShare
Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, sal homself lastige vrae moet vra oor sy span se strategie en spankeuses nà hulle 23-13 nederlaag teen Nieu-Seeland in hulle eerste wedstryd in die Wêreldbekertoernooi in Japan. Die rustydtelling was 17-3 in die All Blacks se guns. Handre Pollard het die Springbokke se eerste punte met 'n strafdoel aangeteken. Twee vinnige drieë deur die All Black-vleuel George Bridge en slot Scott Barrett het egter die bordjies verhang. In die tweede helfde het 'n drie deur Pieter-Steph du Toit die punteverskil laat krimp tot sewe7, gevolg deur 'n skepdoel van Pollard. Nieu-Seeland het egter hulle oorwinning beklink met twee strafskoppe in die laaste minute. Die Bokke speel Saterdag teen Namibië, en Nieu-Seeland op 2 Oktober teen Kanada. Johan Rademan en Andre Watson ontleed die wedstryd saam met Jody Hendricks.
  • Facebook
  • Twitter
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Skrumtyd op RSG

    30 clip(s)

Skrumtyd op RSG

Jody Hendricks delf diep in die rugbynuus van die dag, ontleed verskeie aspekte van die spel, en pra 
Social links
Recent clips
Browse 30 clip(s)