Bendeverwante misdaad onder die soeklig: Wat is die oplossing?Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie sê die kommer wat deur gemeenskappe dié week tydens sy bendegeweld-beraad geopper is, moet nou in optrede omskep word. Meer as 150 mense, insluitend slagoffers, gemeenskaps-verteenwoordigers, burgerlike samelewings-organisasies, polisiëringskundiges en regeringsamptenare, het aan die beraad deelgeneem. Parlementslede sê hulle het die kommer oor polisiëring, dwelms, onwettige vuurwapens, polisiekorrupsie en onvoldoende ondersteuning vir gemeenskappe gehoor, en moet nou regoor die regering saamwerk om dit aan te pak. Esté de Klerk praat op Naweek Akteel met 'n voormalige bendeleier, Welcome Witbooi, en met Ian Cameron, die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee vir polisie.