Sewe maande lank, meer as 25 duisend kilometer en meer as 60 kampeerplekke in al nege provinsies. En dit alles om stereotipes, voorafopgestelde idees en kleurgrense te oorbrug en sommer 'n boek oor die ervaring te skryf.
Hanri Wondergem het met Fikile Hlatshwayo, die skrywer van "blacks do caravan" by haar boekbekendstelling in Kimberley in die Noord-Kaap gepraat.