Rooivleisbedryfsdienste sal voortaan twee keer per jaar ‘n verslag vrystel, wat fokus op nasionale en internasionale tendense in die bees- en skaapbedryf. Dewald Olivier praat oor die doel van die verslag, asook ‘n paar interessante tendense. Wandile Sihlobo deel sy vooruitsigte vir die landbousektor in 2025. Hy is die hoofekonoom by Agbiz, en dien ook as ekonomiese raadgewer vir president Cyril Ramaphosa.