Ons hoor by die LWO Werkgewersorganisasie waarom bewyse vir dissiplinêre en arbitrasieverhore in die werksplek so belangrik is. Die wolseisoen het verlede week geopen, en Heinrich Victor is terug met die weeklikse wolmarkverlag. Die Rooivleisprodusente-organisasie wil vanjaar ‘n pad van vernuwing aanpak. Dr. Frikkie Maré brei hieroor uit, en praat ook oor bul-semen uitvoere na Namibië, en die onlangse goedkeuring van veeuitvoere en verwante produkte na Zimbabwe.