Op en WakkerOp en Wakker

WIE WORD 'N MILJOENÊR se eerste miljioenrandwenner!

View descriptionShare
Gisteraand is die eerste miljoenrandwenner in die gewilde vasvraprogram op kykNET, WIE WORD ’N MILJOENÊR, aangewys. Die 47-jarige Herman Bosman het in die 12de episode van die reeks se derde seisoen, sy laaste hulplyn na sy 75-jarige ma, Vida Bosman, ingespan om die finale vraag reg te beantwoord. Riaan van Heerden, die aanbieder, se vraag aan Herman was: “Watter relikte wat in Parys se Notre Dame-katedraal bewaar word, is ongeskonde ná die 2019-brand?” Herman, wat saam met sy lewensmaat, Anthony Rau, ’n blommeplaas in George bedryf, is ’n kerningenieur en het chemiese ingenieurswese by Tukkies geswot. Daarna het hy sy PhD in Amerika by die Universiteit van Michigan gedoen.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Op en Wakker

    3,964 clip(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 3,967 clip(s)