Hy is een van ons voorste sjefs in Suid-Afrika, en nou is hy benoem vir 'n gesogte prys vir een van sy resepteboeke. Herman Lensing is kosredakteur van SARIE, en sy resepteboeke is topverkopers. Sy jongste boek, LUGBRAAIER: HERMAN SE BESTE 100 RESEPTE, is onlangs bekend gestel, en hy is benoem vir die gesogte Gourmand-toekenning vir "celebrity chef" vir die lugbraaier-resepteboek.