Hierdie week het weer 'n klomp interessante nuusstories opgelewer. Ons het gehoor van 'n gevangene wat ontsnap, en later op TikTok vertel het van sy gemaklike lewe in die tronk, en ook die ontwikkelende storie van Deveney Nel van die Hoërskool Overberg wat vroeër vermoor is. Gelukkig is daar ook positiewe nuus wat deurskemer, soos die verlaging in die brandstofprys en selfs Suid-Afrikaners se salarisvlakke wat bykans 6% verhoog het met ’n jaar gelede. Om die nuus van die week te bespreek, sluit Gert van der Westhuizen, politieke redakteur van Netwerk 24, by ons aan.