Die diep antikommunistiese oortuiging, wat veral wit Afrikaanssprekendes in die twintigste eeu gehad het, was weens veel meer as bloot die invloed van 'n wêreldwye politieke oortuiging. In 'n boek wat by die Christelike Lektuurfonds verskyn het, CHRISTIAN NATIONALISM AND ANTICOMMUNISM IN TWENTIETH CENTURY SOUTH AFRICA, kom die historikus, dr. Ruhan Fourie, tot die gevolgtrekking dat die NG Kerk 'n wesenlike rol in antikommunisme en die Rooi Gevaar-narratief gespeel het. Ruhan is verbonde aan Die Beyers Naudé-sentrum aan die Universiteit Stellenbosch.