Met die inhuldiging van Donald Trump as president van Amerika kon 'n mens beswaarlik die statige maar stugge presidentsvrou, Melania Trump, miskyk. Volgens modekenners was sy 'n toonbeeld van styl met haar hoed, jas en hoë hakskoene. Benewens Michelle Obama, was al die lewende voormalige presidentsvroue teenwoordig, waaronder Hillary Clinton, Laura Bush en die uittredende presidentsvrou, Jill Biden. In die geskiedenis van Amerika was daar 45 presidente, maar omdat twee van hulle, Grover Cleveland en Donald Trump, onderbroke termyne gedien het, was daar 47 presidensies. Dit is interessant dat daar in totaal 54 presidentsvroue, of first ladies, was. Ons praat hieroor met die skrywer, Daniël Lötter.