



My mooi dorp 26 Maart 2023
‘n Tandemboerdery om olyfproduksie te verhoog, groentetuine, skaatsplesier en ‘n talentkompetisie is nog dinge wat Barrydalers doen om werk te skep en kinders besig te hou. Dalk gee van hierdie dinge jou ‘n idee vir jou dorp. Daar is ook raad hoe om die eerste stap te doen om jou dorp se toekoms te…

My mooi dorp 19 Maart 2023
Op Barrydale is daar heelwat mense wat besig is om terug te ploeg in die gemeenskap - ’n Polisiesersant wat kinders afrig in skopboks, ’n Engelse inkommer wat joga afrig en die jongmense betrek by verskeie projekte, ’n trotse Khoi-afstammeling en ’n inkommer wat groentetuine aanmoedig, en ’n vrou w…

My mooi dorp 12 Maart 2023
Elke liewe inwoner van ’n dorp moet betrokke raak by sy dorp, of dit op ’n groot manier is of deur die doen van klein dingetjies. En raadslede wat dien op die munisipale rade moet hulleself afvra of hulle leiers is wat net hulleself wil verryk, en of hulle daar is om die gemeenskap te dien, want hu…

My mooi dorp 5 Maart 2023
Maak doodseker dat jy ’n goeie installeerder vir jou huis of sakeonderneming se sonkragstelsel kies, want dinge kan skeefloop as een van die honderde nuwe ‘installleerders’ wat oornag opgeskiet het, met jou elektrisiteitswisselstrome karring.

My mooi dorp 26 Februarie 2023
Moeg vir beurtkrag? Oorweeg jy ’n sonkragstelsel? Watter sonpanele moet jy kies? En watter battery? ’n Kenner verduidelik wat die opsies is, en hoekom sekere keuses beter as ander is.

My mooi dorp 19 Februarie 2023
’n Klompie vroue in Knysna het besluit die dorp moet skoner en mooier wees. Hulle stig toe Revive Knysna. Nou is parke en tuine al mooi gemaak, die stasie en ander geboue opgeknap en kan mens die verskil sien. Ons gesels ook verder met Kallie Kriel oor sonpanele en ander aksies waarby Afriforum bet…

My mooi dorp 12 Februarie 2023
Afriforum beplan om ’n nuwe kragentiteit in die private sektor te vestig. Wat behels dié plan? Wat is die drie fases van die plan? En moet ons skrik vir klein korrelbed-kernreaktors? Kallie Kriel van Afriforum vertel meer. Ons gee ook ’n skakel na Afriforum se gids vir die beste beskikbare sonpanel…

My mooi dorp 5 Februarie 2023
Het Parys al skoon water? En wat van die rioolprobleme by Viljoenskroon? En wat is die wetlike pligte van ’n munisipaliteit?

My mooi dorp 29 Januarie 2023
Watter straatbome is beste vir die Strandveld-gebied, die fynbosgebied en vir kusdorpe? En hoekom is maatskaplike dienste, sekere skole en die polisiediens op die dorp ondoeltreffend of eintlik afwesig?

My mooi dorp 22 Januarie 2023
’n Onderwyseres en van haar kollegas het ingespring en ’n biblioteek by ’n Afrikaanse staatskool op Kirkwood begin. En, plantkundige Ernst van Jaarsveld gesels oor bome.