Deel 2: Eloise Cupido gesels elke week met ‘n Suid-Afrikaner wat uitblink. Ingrid Jones is ‘n sakevrou en mediapersoonlikheid met baie ysters in die vuur. Ons ken haar as die stigter van die Food Fairies-projek, waar sy komvandaan-stories en resepte tydens die grendeltyd versamel het. Dit was só suksesvol dat hulle steeds volstoom aan die gang is. Sy staan aan die stuur van die Koe’sister-tydskif, en sy is ‘n direkteur van Mokateko Media. As aanbieder van die televisieprogram, Tussen Ons, het sy baie geliefd onder Suid-Afrikaners geword.