Geslagsgebaseerde geweld bly een van die grootste uitdagings in ons samelewing, en dit vereis dat ons almal betrokke raak. Luke Lamprecht, ’n kenner op die gebied van kinders, gesinsdinamika en gemeenskapsveiligheid, deel waardevolle insigte oor hoe ons hierdie probleem kan aanpak en werklik ’n verskil kan maak.