As ‘n mens deesdae na die lowerryke St. George’s Park langs die Sentraalgebied van Gqeberha kyk, is dit moeilik om te dink dit was voor 1861 ‘n windverwaaide vlakte. Benewens die lieflike tuine en konserwatorium, is die 73 hektaar-park ook die tuiste van onder meer Suid-Afrika se oudste tennis- en rolbalklub. Verval het egter oor die jare ingetree, en verslaafdes en misdadigers het die park oorgeneem. Omliggende inwoners en sakelui het onlangs die nie-winsgwende organisasie, Friends of St Georges, gestig en self dinge begin regruk. Mariska Spoormaker het gaan kyk hoe vorder die werk.