24 Mei 2026: Anthea Carlse is 'n vrywillige noodwerker en paramedikus. Sy en haar span is opgeleide vrywilligers uit die gemeenskap wat brande bestry en by noodgevalle eerste op die toneel is, dikwels voor die ambulans of ander nooddienste opdaag. Hulle werk nie skofte nie, is basies altyd aan diens, en werk soms 48 uur aaneen. Anthea vertel vir DJ Muller wat dit aan 'n mens doen om die soms grusame tonele te sien, hoe sy die trauma saamdra huis toe, en wat haar help om aan te gaan.